2011-03-14
Klik op hierdie skakel om die advertensie in Die Burger te sien
Klik op hierdie skakel om die spesiale uitgawe van Baviaans Nuus sien
Vuna Toekennings - Anja Theunissen
Baviaans Munisipaliteit het met munisipaliteite van al nege provinsies meegeding in areas soos waterverskaffing; elektrisiteit en finansiële bestuur en met twee Vuna toekennings weg gestap. Die eerste vir Uitstekende Prestasie in Infrastruktuur Ontwikkeling en Diensteverskaffing (KPA 2) en die tweede vir Beste Prestasie in Insameling van Uitstaande Gelde.
Die Vuna toekennings word aan munisipaliteite toegeken vir uitmuntendheid in dienslewering. Munisipaliteite wat verby gewone standaarde gaan om te verseker dat hul gemeenskappe uitstekende dienste en staats beheer geniet, word met hierdie toekennings vereer.
Die munisipale bestuurder, Mnr. Vumazonke het die Raad, Bestuur en personeel wat hard gewerk het, geprys vir hul deelname om hierdie toekennings moontlik te maak. “Die sukses en faal van enige iets hang van spanwerk af en hierdie toekennings reflekteer wat ‘n positiewe bydrae van elke individue kan doen om Baviaans Munisipaliteit se doelwitte en visie ‘n realiteit te maak. Dit is deur spanwerk wat ‘n instansie presteer en so ‘n positiewe impak op die man op straat maak”, het Vumazonke trots gesê.
Die doelwitte van die Vuna Toekennings is om munisipaliteite te motiveer om hul prestasie en produktiwiteit te verhoog; kreatiewe maniere te vind om hul munisipale lewensvatbaarheid te verhoog en munisipaliteite tot meer toegewydheid in dienstelewering aan te spoor.
Dit is ‘n inisiatief van die Departement Plaaslike Regering in samewerking met hul venote die Ontwikkelings Bank van Suid Afrika, die Nasionale Instituut vir Produktiwiteit en die Suid Afrikaanse Plaaslike Regering Assosiasie.